Pieter is in Bloemfontein gebore en het aan die Hoërskool Martie du Plessis matrikuleer.  Op skool het Pieter aan verskeie sang kompetisies en musiekspele deelgeneem, en meen dat hy al van jongs af in musiek en sang belang gestel het. Pieter het vanaf 1997 sanglesse begin neem in Bloemfontein by "Die Phillip Kotze" Sangskool. Na matriek het hy gaan werk soos enige ander jong mens in Bloemfontein, maar nogsteeds was sy passie MUSIEK en SANG. Twee jaar later verhuis hy terug na sy ouerhuis in Welkom. Hy gaan toe voort met sy sanglesse in Welkom by die "Welkom Sangstudio" en na 6 jaar begin hy self klas te gee. Hy neem toe sy eerste Demo album op, waar hy sy eie liedjies gekomponeer het. Hy versprei sy CD tans self en verkoop dit by sy optredes!

Pieter het aan die "Suid Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste" deelgeneem waar Zita, een van die Lieflinge wat saam met Rudi sing ook daar was. Pieter moes kompeteer teen duisende kunstenaars. Hy bring twee goud en vier silwer terug huistoe en ontvang ook SA kleure vir sang.  Pieter was `n finalis by Kyknet Afrikaanse Idols, waar hy saam met Dewald Louw (Idols wenner) deurgedring het na die semi finaal toe. Pieter was ook `n finalis in 2007 en 2008 in die bekende sang kompetisie; Supersterre wat deur Patricia Lewis aangebied was.  Pieter tree op as gaskunstenaar by die “Solis vir Christus” sang kompetisie, wat later die jaar uitgesaai gaan word op die program “Tienerzone” op die Kruiskyk kanaal, wat aangebied word deur Anthonie Bougas. Op Pieter se album kan jy lewendige,diep,dans en romantiese musiek verwag. Snitte soos; Jantjie kom huistoe is daarop wat verwerk was deur Pieter self.

So as jy lus is vir ordentlike Suid-Afrikaanse musiek met `n bietjie kultuur daarby, bestel Pieter se CD sommer nou! 

Pieter Jingle.mp3